Op Maandag 13 Augustus het Hoƫrskool Ermelo se B- en C-gholfspanne aan die Mpumalanga-uitspele deelgeneem te Walker Park Gholklub in Evander.
Op ān winderige dag speel die Erries se B-span uitmuntende gholf en behaal ān totaal van 106 punte bymekaar, twee punte meer as hul naaste teenstanders en hierdie span word as Mpumalanga-kampioene gekroon.
Die C-span volg op hul beurt die voorbeeld van hul Errie-spanmaats en teken hul kaarte vir ān totaal van 110 punte, drie punte meer as diĆ© van die naas-wenners, en word ook gekroon as Mpumalanga-kampioene.
As die enigste skool in die Gert Sibande-Streek wat meer as een span in die Mpumalanga-finaal gehad het, is die Erries ook nou die enigste skool in Mpumalanga wat meer as een Mpumalanga span het.
Baie geluk aan die Erries met diƩ uitsonderlike prestasie.
Die Errie-spelers en -afrigters bedank graag die skool en gemeenskap vir hul ondersteuning deur die loop van hierdie geskiedkundige seisoen.
Foto bo heel bo: Diederivk van der Walt, Wian Swart, Kobus van Heerden en Daniƫl Mulder (B-span)
Foto bo:Ā (vlnr): Francois du Plessis, Carla Ferreira, Vosjan Grey en AndrĆ© Dale Groenewald (C-span)