)

Errie gekies vir Arthur Johnson netbalspan

Tegan Panos, graad 12-leerder van Hoërskool Ermelo, is gekies om saam met die o/18 Arthur Johnson-netbalspan oorsee te gaan toer.

Die proewe is gehou aan die begin van die jaar. Ten spyte daarvan dat EHS nié aan die proewe in Mosselbaai deelgeneem het nie, het Tegan se reputasie as uitstekende speler haar vooruitgeloop en is sy as verdediger gekies vir dié span, slegs op aanbeveling!

Hulle gaan vanaf 27 September tot 5 Oktober in Engeland en Wallis toer. Tegan sê: “Dit is vir my ‘n besondere groot eer om saam met die span te gaan toer, veral omdat dit my eerste keer oorsee sal wees! Ek sien ongelooflik baie uit daarna!” Sy sê ook dat sy dankbaar is vir die geleentheid, omdat dit haar tydperk om netbal te speel verleng. Haar netbal-hart klop sommer vinniger wanneer sy daaraan dink dat hulle teen spanne soos Engeland gaan speel, aangesien Engeland se netbal een van die top-netbalspanne is.

Baie geluk, Tegan. Die Erries is besonder trots op jou en wens vir jou alle voorspoed toe!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal