Hoërskool Nelspruit se hoofdogter, Liesl Hartley, het onlangs aan die Engelse olimpiade (eerste addisionele taal) deelgeneem. Nie net het sy in die top 20 van die 2018 De Beers English Olympiad geëindig nie, maar in die top drie uit die 730 deelnemers van regoor die land.
Die olimpiade se komitee nooi vir die eerste keer die top drie presteerders na die 2018 Nasionale Skolefees in Grahamstad van 6-10 Julie 2018. By die fees sal die leerders wat Engels as addisionele taal het by die top eerste taal-leerders aansluit.
Nellies is baie trots op Liesl!