BIATHLE: Baie geluk aan Jean-Mari Terblanche, Ameli Bruwer, Juan Drotschie en Jacobus Uys van Hoërskool Robertson wat gekies is vir die Wes-Kaap Biathle span.
TRIATHLE: Jean-Mari Terblanche is ook gekies vir die Wes-Kaap Triathle span.
Hierdie leerders gaan 23-25 Junie aan die SA Biathle en Triathle in Port-Elizabeth deelneem.
Foto bo: V.l.n.r Jean-Mari Terblanche (0/15) , Ameli Bruwer (0/17), Juan Drotschie (0/17) en Jacobus Uys (0/19).