)

Hoërskool Ermelo hokkie presteer in kwartfinale-uitspele

Die tweedespan hokkiedogters neem deel aan die Mpumalanga kwarteindrondte op Hoërskool Volksrust se velde. Hierdie spanne het aanskoulike hokkie gespeel en elke wedstryd gemaklik gewen.  Die eerste wedstryd het plaasgevind teen Komatipoort en wen die Erries 6-1. Zelné de Jager teken 3 doele aan met Jani Hattingh, Clariz Olivier en Qondo Cindi wat elk 1 doel slaan.

Die tweede wedstryd het plaasgevind teen die Erries se bure, Ligbron Akademie vir Tegnologie en het die Erries van die afslaan af die heeltyd in die teenstaanders se doelgebied gekuier. Clariz Olivier teken in hierdie wedstryd 4 doele aan en Zelné de Jager 2.

Die tweedespan speel op 16 Junie 2018 by Curro Bankenveld in die Mpumalanga semi-finaal.

Die A-spanne speel eerskomende naweek, 9 Junie almal hul Mpumalanga uitspeelwedstryde. Die o/14A’s speel tuis op EHS se velde, die o/15A- en o/16A-spanne speel by Curro Bankenveld en die Hoërskool Ermelo Calstar Eerste Dogtershokkiespan speel by die Hockey Farm in Witbank.

Baie sterkte aan al hierdie spanne.

Foto bo: 

Voor:  Jenna Lewis (kaptein), Qondo Cindi, Jané Willemse, Zelné de Jager, Anja Hobbs.

Agter:  Me.Tirsa du Toit (hulp-afrigter), Clariz Olivier (onder kaptein), Jani Hattingh,

Hanje Erasmus, Theané Arnoldi, Sunelle du Bruyn, Yonette Fourie (No 1 ondersteuner),

Leané von Wielligh, Gerzanda Fourie, Me. Linda Horn (afrigter) en Lana Grobler.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal