Ongeveer 500 Gr.7-leerders van Ermelo en omliggende dorpe het op Donderdag en Vrydag, 24 en 25 Mei 2018, by Ligbron Akademie vir Tegnologie bymekaar gekom vir die Liggies se jaarlikse Opedae. Vanjaar se tema was Karnaval en dit was vir die Liggies ān trotse oomblik om ons pragtige skool vir al die graad 7ās te wys, en hulle ook meer in te lig oor alles wat Ligbron hulle gedurende hul hoĆ«rskool-loopbaan kan bied. Die Gr.7ās is met ān erewag verwelkom waarna hulle na die saal beweeg het. In die saal het die leerders die geleentheid gekry om deur middel van ān video en verskeie fotoās te sien wat op ān daaglikse en jaarlikse basis by Ligbron gebeur. Daarna is die leerders in verskeie groepe verdeel en het hulle in groepverband deur die skool en klasse beweeg. Soos gewoonlik, het die eksperimente in die Wetenskap- en Lewenswetenskap klasse, sowel as die Studente Sentrum en die Tegniese Werkswinkel die meeste aandag geniet. Elke Gr.7 het ook die geleentheid gekry om op die Astro Hokkiebaan ān paar balle te slaan, waarna hulle ān draai in die Eerstespan Spankamer gemaak het voordat hulle middagete geniet het. Vanjaar se Gr.7ās was op die rugbyveld vermaak met verskeie springkasteel water glybane, asook ān ysskaatsbaan wat vir groot opwinding gesorg het. Dit was vir Ligbron ān groot voorreg om hierdie leerders by die skool te ontvang en om hulle vir ān dag te laat voel het hoe dit sou voel om ān ware Liggie te wees.