)

Ligbron Akademie en Genl. Hertzog meet kragte

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby-, netbal- en hokkiespanne het op Dinsdag, 27 Maart 2018, in Witbank teen Genl Hertzog te staan gekom in die vierde rondte van die Superreeks.  Die Liggies het baie goeie prestasies opgelewer met die rugby wat al die wedstryde gewen het.

Die rugbyspanne se uitslae is soos volg: o/14A wen 69-0, o/15A wen 24-5, o/16A wen 31-0, die derdespan wen 31-15, die tweedespan wen 24-7 en die Ligbron Calstar Group Eerstespan wen 38-22. Die volgende spelers het almal gesorg vir drieë: Sibusiso Sibeko (3), Tando Nkosi (1), Njabulo Mahlobo (1) en een straf drie van 7 punte. Leon du Preez het een doelskop aangeteken en Mark Niebuhr 2 doelskoppe.  Die netbal het ook baie goeie uitslae vir die dag opgelewer met slegs 2 spanne wat hul wedstryde verloor het.  Hulle uitslae is soos volg: o14/A verloor 12-17, o/14B verloor 6-18, o/15A wen 13-11, o/15B speel gelykop 10 elk, o/16A wen 20-16, o/16B wen 17-6, die tweedespan wen 16-10 en eerstespan wen 31-11.

Die eerstespan se doele is deur Liska Paul en Bianca Francis aangeteken.  Die Liggie-hokkiespanne het ook ‘n baie goeie dag gehad met gemengde welslae.  Die spanne se uitslae is soos volg: o/14 dogters wen 6-1, o/14 seuns verloor 2-5, o/15 dogters speel gelykop 1 elk, o/16 dogters wen 4-0, o/16 seuns speel gelykop 1 elk, tweede dogters speel gelykop 0 elk, die Eerstespan dogters wen 4-1 met doele aangeteken deur Annika Jacobsz (2), Suné Mostert (1) en Marisca Stander (1) en die Eerstespan seuns verloor 0-2.

Op die foto heel bo:  Jana Swart

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal