)

Ligbron 1ste krieketspan eindig 3de in Mpumalanga

Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Donderdag, 15 Februarie 2018, deelgeneem aan die Mpumalanga T20 finale wat in Emalahleni plaasgevind het.  Drie skole se eerste krieketspanne neem deel aan die uitspele: Ligbron, Lydenburg en Cambridge.

In die eerste wedstryd van die dag speel Ligbron teen Cambridge en verloor die Liggies hul wedstryd met 11 lopies.  Ligbron speel daarna teen Lydenburg wat ook 2017 se T20 kampioene was, en verloor Ligbron met 88 lopies. Ebrahim Timol was die uitblinker met die kolf met ‘n spoggerige 31 lopies.

Die beste bowler vir die dag was JP Austin met 2 paaltjies vir 20 lopies.  Ligbron eindig algeheel 3de in die Mpumalanga T20 en wen daarmee R5000 wat deur die Mpumalanga Krieket Unie geborg word.  Baie geluk Liggies.

Op die foto heel bo:

Agter staan (v.l.n.r.):Mark Niebuhr, Hanco Bakker, Nicky Broodryk (afrigter), Ebrahim Timol en JP Austin.  In die middel sit (v.l.n.r.): Ruben Herbst, Hendrico Jooste, Braam Moolman en Sifiso Manana.              Voor sit (v.l.n.r.): Hardu Prinsloo, MJ Myburgh, Ntuthuko Phiri en Aldo Myburgh.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal