)

Hoërskool Ermelo presteer by Laeveld Spoed- en Aflos-atletiekbyeenkoms

Op Dinsdag 6 Februarie 2018 het die Erries aan die Laeveld Spoed- en Aflos-atletiekbyeenkoms te Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier deelgeneem.

Die byeenkoms het bestaan uit vier verskillende aflos-weergawes met n totaal van 40 aflositems. Die naellope het plaasgevind oor drie verskillende afstande en het gestrek van sewejariges tot 18-jarige atlete. Die totale naellope-lopies was 96. Die byeenkoms het uit 136 spoed- en afloslopies bestaan. Dit het groot opwinding en vermaak aan die toeskouers verskaf.

NAELLOPE: Elke lid van die aflosspan het aan die naellope-item deelgeneem wat volgens lopies plaasgevind het. Die lopies se plasing is bepaal volgens die atlete se posisies in hul aflosspanne. Sodoende was elke lopie mededingend.

NAELLOPE-LOPIE NO 1 WEGSPRING-ATLETE
NAELLOPE-LOPIE NO 2 OORGEE-1-ATLETE
NAELLOPE-LOPIE NO 3 DRAAI-ATLETE
NAELLOPE-LOPIE NO 4 WENPAAL-ATLETE

5 X 100m-SPOEDAFLOS:

Hier het die atlete ook volgens hul posisies in die aflosspan meegeding. ‘n o/14-atleet het by die 100m weggespring, by die wenpaal oorgegee aan ‘n o/15-atleet wat by die 300m oorgegee het aan ‘n o/16-atleet, wat weer by die 200m oorgegee het aan ‘n o/17-atleet wat dan laaste oorgegee het aan ‘n o/19-atleet by die 100m.

Die Erries het gemengde welslae behaal:

Meghan Houy het die 100m D o/16 se rekord verbeter.

Die D o/15-aflos het ook die rekord verbeter.

Die D o/17-aflos het die rekord met 0.06s gemis.

Die atlete het die byeenkoms baie geniet omdat baie atlete wat nooit aan ‘n 100m-wedloop sou kon deelneem nie, dit wel kon doen en sodoende ook ‘n medalje kon verwerf.

Foto heel bo: Noluthando Mkhonza

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal