)

Ligbron atlete berei goed voor vir Interhoër

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se atlete het Vrydag, 9 Februarie 2018, aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Rob Ferreira in Witrivier aangebied was.  Ligbron se atlete het hierdie byeenkoms aangewend om goed voor te berei vir die Interhoër byeenkoms wat eerskomende Vrydag sal plaasvind.

Die volgende skole het aan die byeenkoms deelgeneem: Ligbron, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Bergvlam, Hoërskool Ben Vorster en Penryn College.  Al die atlete van die onderskeie skole het gesorg vir puik atletiek en ook strawwe kompetisie.  Die volgende Liggie-atlete het almal ‘n eerste plek in hul onderskeie items beklee:  o/14- Noma Maseko (400m), Jacolien du Preez (spiesgooi), Rudolph Scholtz (gewigstoot) en Wandile Makhanya (1500m); o/15- Munashe Dukuswa (verspring en hoogspring), Martin Meyer (300m hekkies en 100m hekkies) en Sias Jacobs (gewigstoot en diskus); o/16- Megan Herbst (400m hekkies, 200m, 100m en 100m hekkies) en Jandri Coetzee (verspring); o/17- Mikyla le Roux (diskus), Hlali Sibanyoni (verspring en 400m), Alec Duncan (200m en 400m) en Nelson Mvumba (1500m); o/19- Annika Jacobsz (1500m), Danie van Zyl (driesprong) en Njabulo Mahlobo (verspring).

Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete sal op Vrydag, 16 Februarie 2018, aan die Hoëveld Uitnodigings Byeenkoms (Interhoër) deelneem wat vanjaar deur Hoërskool Middelburg aangebied sal word.  Die byeenkoms sal op 10:00 afskop.  Kaartjies is beskikbaar by Ligbron se algemene kantoor teen R50.  Daar is slegs beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal