)

Ligbron-fietsryers maak hul merk

Twee kranige graad 8 fietsryers van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het vanjaar aan verskeie fietswedrenne deelgeneem en goeie prestasies opgelewer.

Jooste Coetzee het tydens die naweek van 20 en 21 Januarie 2018 aan die Mpumalanga Kampioenskappe (Padfiets) te Badplaas deelgeneem waar hy al vier bene van die kompetisie gewen het.  Hy is ná afloop van die wedren aangewys as die o/14 Mpumalanga kampioen.

Op Saterdag, 27 Januarie 2018, het Jooste aan die Barberton Rotary Club XCM (Bergfiets) wedren deelgeneem.  Hy wen die 30km o/14-kategorie en eindig derde in die o/16-kategorie.  Jooste het op Sondag, 28 Januarie, aan die Value Logistics Fast One te Meyerton, Johannesburg (Padfiets) wedren deelgeneem.  Hy wen die algehele o/14-kategorie.  Die wedren was oor ‘n afstand van 100km.

Wildo Du Toit het tydens die naweek van 20 en 21 Januarie 2018 aan die Mpumalanga Kampioenskappe (Padfiets) te Badplaas deelgeneem.  Wildo was hiermee ook die wenner van die o/16-kategorie.

Baie geluk aan hierdie twee leerders wat Ligbron se naam hoog hou tydens elke fietswedren waaraan hulle deelneem.

Op die foto bo:

Jooste Coetzee en Wildo du Toit

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal