)

Hoërskool Nelspruit se debatspan praat hul pad oop

So ‘n bek moet jêm kry,

Op Vrydag 26 Januarie 2018, het agt debatspanne van Hoërskool Nelspruit  kragte gemeet teen die spanne van Afrikaanse Hoër Seunskool.  Die 24 sprekers het sake in vier onvoorbereide debatte uitgespook.

Die gehoor was verstom deur die taalvaardigheid van die sprekers asook hul vermoë om in net vyf minute voorbereidingstyd ‘n toespraak van twee en ‘n half minute te skryf.  Elke spanlid het ‘n beurt gekry om hul konstruktiewe toespraak te lewer en daarna is die bekgeveg voorgesit in ‘n debatsgesprek van vyf minute. Sake wat in die verskillende debatte bespreek is, was onder andere of sosiale media ‘n goeie of slegte invloed op tieners se gedrag het, of skooldrag in 2018 uitgedien geraak het, of tegnologiese hulpmiddels die sleutel tot sukses in die onderwys is en of meisies en seuns in aparte klasse onderrig moet ontvang.

“Dit is die tweede keer wat ons en Affies op die Vrydagaand voor die atletiek by NHS kultuur bevorder deur hierdie uiters geslaagde debatsaand wat ons beslis weer volgende jaar sal herhaal,” sê me. Magda van der Merwe, organiseerder van debat en redenaars by NHS.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal