)

Streepbaadjieseremonie baie spesiaal!

Die Streepbaadjie was vir baie jare die amptelike skoolbaadjie van die Ermelo Hoƫrskool. Later het dit verander na die huidige effekleur groen baadjie.

Vir die afgelope sewe jaar het dit die Matriekbaadjie geword wat leierskap simboliseer. Gedurende 2010 het die eertydse hoof, wyle mnr. Bok Martins, begin om die geliefde Streepbaadjie terug te bring. Dit is nou tradisie dat slegs die graad 12-leerders die baadjie dra.

Aan die einde van die Erries se graad 11-jaar, vind ā€˜n baie besonderse Baadjieseremonie in die Ouditorium plaas. Die kode vir elke leiergroep word voorgehou vir die dra van hierdie baadjie in graad 12 as die leiergroep van die skool. Die leerders word in groepe na die verhoog geroep en dan is die die ouers se voorreg om die baadjie vir hul kind aan te trek.

Baie dankie aan AL die Errie-ouers wat hierdie funksie bywoon en dit ā€˜n besonderse geleentheid vir die Erries maak.

Die materiaal word spesiaal vir die Ermelo Hoƫrskool vervaardig en die Erries is die enigste skool wat diƩ unieke baadjie het. Dit is besonder spesiaal en absoluut deel van Errie-wees.

ā€œDie strewe van die EHS lĆŖ soos die groen bulte van die natuur rondom ons, vas en seker, in eenvoud en skoonheid. Hier asem ons die skoon, vars lug in. Hier dra ons die groen en wit kleurbaadjie met dieselfde toewyding en trots as hierdie aarde en sy mense… hierdie strewe sal nooit verander en verswak nie.ā€Ā  (Mnr. Spiere Janse van Rensburg; EHS Hoof vanaf 1985 to 1995)

Foto hierbo: Willie Greyling en Lydia Landmann (Presidente van 2018) staan op die verhoog terwyl Mnr. Pieter Grobler die kode aan hulle lees.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal