Laerskool Thabazimbi is trots op die twee Bybelvasvraspanne wat uitstekend presteer het tydens die tweede rondte van die Rapportyers Bybelvasvra.
Die Junior span eindig 25ste landswyd en die Senior span het hulle gemiddeld tydens die tweede rondte met 12,5% verbeter en eindig in die eerste plek in Limpopo en 12de uit 94 skole landswyd.
Knap gedaan julle, Laerskool Thabazimbi is super trots op julle!
Foto bo: Junior span: Anke Roos, Nicolette Trichardt, Jana Coetzee en Angelique Coetzee.
Senior Span: Name van links na regs: Michelle Janse van Vuuren, Angelique de Beer, me Marietjie du Plessis (afrigter), Izandri Joubert, Ané Viljoen.