Juffrou Marna Jordaan (hoof) en mnr Jacob de Villiers van AFGRI onderteken ‘n borgskapskapooreenkoms.
Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria, het op 3 Desember ‘n historiese oomblik beleef toe die skool en AFGRI ‘n borgskapooreenkoms geteken het vir 2020 tot 2022. Juffrou Jordaan het gesê “Affies is trots om ‘n pad saam met AFGRI te begin stap en ons sien uit na die verbintenis. Dit is ‘n ideale mark waarby Affies betrokke kan raak en ons is trots om met AFGRI geassosieer te word”.