)

AFFIES ‘N KRAG IN SKOLE-NETBAL

Affies beleef ‘n suksesvolle netbalseisoen die jaar met vier spanne wat na die Nasionale Skole Netbalkampioenskappe opgeruk het.
Vlnr: o/14 kaptein Carli Mc Donald, o/17 kaptein Tiffanie Heymans, eerstespan kaptein
Jeané Minnaar en o/16 kaptein Esli Steyn.

 

Die Nasionale Skole Netbal Kampioenskap is een van die groot jaarlikse hoogtepunte op  skole netbal-kalender. Vanjaar se hoërskole-byeenkoms was weer by Hoërskool Dr E.G. Jansen in ‘n bitter koue Boksburg gehou vanaf die 19 tot die 21 Julie. Ongeveer 120 netbalspanne neem jaarliks aan die nasionale byeenkoms deel. By die Nasionale Skole netbalkampioenskap het die o/14, o/16 en eerstespan netbalspanne van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, weggestap met goud terwyl die 0/17 span ‘n silwer medalje behaal het.Die spanne se tellings in die finale  wedstryde was o/14’s Affies 20 – Oranje 5; o/16’s Affies 21 – Dinamika 13; 0/17 Affies 11 – Hoërskool Klerksdorp 18. Die eerstespan van Affies se opmars om as SA-Kampioene gekroon te word was prysenswaardig. Affies se eerstespan het vanjaar geskiedenis gemaak – omdat hulle slegs een wedstryd vanjaar verloor het.

Die spanne het oor diè afgelope naweek vyf poel wedstryde gespeel en drie voorkwart wedstryde. Volgens Mynhardt (Direkteur Netbal by Afrikaanse Hoër Meisieskool) “het die skool se netbalspanne ‘n goeie toernooi gehad”. Sy sê “Die eerste span het as ‘n eenheid saam gespeel en was beslis ‘n span met diepte. Die kaptein van die eerste span het ‘n bal gedraai wanneer sy moes. Die res van die span se aanvallende spel was fenominaal hul balspoed en plasing van die bal was uitstekend. Sentraal was by verre die sterkste teenstanders van die toernooi. Maar die deurslag was dat die span kalm gebly onder druk.”

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal