Hoërskool Uitsig van Centurion, Gauteng, het ‘n borgskap ter waarde van R50,000 onvang van die Departement Sport en Ontspanning in samewerking met The National Archery in the Schools Programme (NSASP-SA) om met boogskiet by die skool te begin. Copwatch borg die NASP Centurion Liga waarby Hoërskool Uitsig nou betrokke is.
Op die foto:
Heel links is Chrizel Strauss, die NASP-SA Provinsiale Koördineerder vir Gauteng
Tweede van links is Wilhelm Greeff, President van NASP-SA
Derde van links is Dr Gerhard Maré, Hoof van HS Uitsig
Heel regs is Coenrad Bester, die Skakelbeampte vir Copwatch