Hoërskool Florida verwelkom hul nuwe adjunkhoof, me. Ronelle Nell. Hoërskool Florida is baie opgewonde dat sy by hulle aansluit om haar kundigheid op vele terreine met hulle te deel.
Florida vertrou dat me Nell se aanstelling vir haar groot verwagting sal inhou en dat sy baie gelukkig by die Florrie-familie sal wees.
Florries spreek die wense uit dat sy sommer vinnig tuis sal voel, die Florrie Magic ervaar en dat sy baie seën op haar arbeid sal ontvang. Florries sien met groot verwagting uit daarna om saam met haar te werk, en weet dat sy ‘n groot verskil sal maak.
Me. Marike Breytenbach het ook by Florries aangesluit in die Geografie-departement. Sy sal verantwoordelik wees vir Geografie graad 10 en 11. Me Breytenbach is uiters bekwaam in haar vakgebied en gaan ook ‘n groot bydrae maak op sport- en kultuurgebied.
Sy is verder ‘n baie bekwame pianis en spog met ‘n graad 7 in musiekteorie en graad 8 in klavier. Florries glo u sal baie gelukkig by Hulle sal wees en vinnig sal inskakel.
Baie welkom.