)

Hoërskool Florida verwelkom nuwe adjunkhoof en onderwyseres

Hoërskool Florida verwelkom hul nuwe adjunkhoof, me. Ronelle Nell. Hoërskool Florida is baie opgewonde dat sy by hulle aansluit om haar kundigheid op vele terreine met hulle te deel.

Florida vertrou dat me Nell se aanstelling vir haar groot verwagting sal inhou en dat sy baie gelukkig by die Florrie-familie sal wees.

Florries spreek die wense uit dat sy sommer vinnig tuis sal voel, die Florrie Magic ervaar en dat sy baie seën op haar arbeid sal ontvang. Florries sien met groot verwagting uit daarna om saam met haar te werk, en weet dat sy ‘n groot verskil sal maak.

Me. Marike Breytenbach het ook by Florries aangesluit in die Geografie-departement. Sy sal verantwoordelik wees vir Geografie graad 10 en 11. Me Breytenbach is uiters bekwaam in haar vakgebied en gaan ook ‘n groot bydrae maak op sport- en kultuurgebied.

Sy is verder ‘n baie bekwame pianis en spog met ‘n graad 7 in musiekteorie en graad 8 in klavier. Florries glo u sal baie gelukkig by Hulle sal wees en vinnig sal inskakel.

Baie welkom.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal