Baie geluk aan Florries se skaakspan wat La Salle College 11-5 gewen het op 19 Maart 2018.
Op 23 Maart 2018 het die skaakspan aan die Roodepoort individuele kampioenskappe deelgeneem. Christie Havenga het derde gekom in die meisies o/15-groep.
Jesse Britz, Christie Havenga (links op foto), Suné Toerien (regs op foto) en C-Moné Nortje het deurgedring na die D12-kampioenskappe wat op 5 Mei 2018 by Maragon plaasvind. Baie geluk! Florries is baie trots op hul skaakspelers!