)

Hoërskool Monument (Monnas) se Ethan slaan 3de 100-tal

Ethan Klassen, ‘n Gr.11 leerder van Hoërskool Monument (Monnas) in Krugersdorp het kop en skouers uitgestaan bo die res toe hy sy derde agtereenvolgende 100-tal gemoker het. Ethan het diè hoogtepunt bereik tydens ‘n Monnas 1 teen Waterkloof 1 wedstryd,  Saterdag 17 Februarie.

Hy het in sy 5 kolfbeurte tydens die Finsbury kompetisie reeds 357 lopies aangeteken teen ‘n kolfgemiddeld van 89.3 lopies per beurt van slegs 249 balle.  Al diè tellings is aangeteken teen gerekende krieketskole in Suid-Afrika.

Ethan is Monnas se eerste span paaltjiewagter en nommer 4-kolwer.  “ Ethan speel  ‘n groot rol in Monnas se eerste span as paaltjiewagter.

ETHAN KLASSENHy het alreeds 6 vangkanse benut agter die paaltjies in die Finsbury-kompetisie asook twee stonkgeleenthede van sy draaiers af”, het George Engelbrecht, kriekethoof van Monnas gesê.

Dit wil ook voorkom asof Ethan baie lekker saam met die junior kolwer, Marno Potgieter kolf.  Hulle was al in twee groot vennootskappe betrokke naamlik:  113 lopies teen Potchefstroom Volkskool en ‘n 84 lopie vennootskap teen Hoërskool Waterkloof.

Ethan se grootste droom is om so lank moontlik goed te doen vir sy skool se 1ste span en 10 honderdtalle aan te teken in die 2018-seisoen.  “My korttermyn doelwit is om die Gauteng O.17/19-skolespan te verteenwoordig op Krieket-Suid-Afrika Nasionale krieketweek Desembermaand en dan nog lank vir die Randfontein Krieketklub se premierliga-span te speel.  Ek wil dan natuurlik ook eendag vir die Proteas speel”, het Ethan gesê.

Monnas is baie trots op jou, Ethan!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal