)

Hans Moore musiekleerders presteer tydens Unisa Praktiese Eksamens

Hoërskool Hans Moore van Benoni se Musiekskoolleerders, o.l.v dr. Marita Badenhorst, het oudergewoonte puik presteer tydens die onlangse Unisa Praktiese Eksamens. Nie net spog die leerders met ‘n 100% slaagsyfer nie, maar Armand Fourie presteer skitterend deur sy Gr.7 kitaareksamen met lof te slaag!

Hy vorder binne drie jaar van ‘n volslae beginner tot die voorlaaste eksamen van Unisa! Baie geluk, Armand! Nichaela de Bruin slaag ook die eksamen met lof (80%).

Die ander leerders wat 70% en meer behaal en dus hulle eksamen met eervolle vermelding slaag, is: Cameron Odendaal, Dana van Niekerk, Raynard van der Linde, Vian Genis, Martin du Plessis, Marishe Vermeulen, Luané Botes en Daniël Mearns. Brandon Potgieter, Juan du Toit, Stephen Hill, Natalie Coetzer en Zianci van Zyl lê ook die eksamens met goeie gevolge af.

Baie geluk aan die leerders met hul puik prestasies!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal