Hulp-afrigter: Mnr. Erwin Harris (agter 5de van links, Hoofafrigter: Mnr. Michiel Neethling (agter 7de van links) |
Hoërskool Punt se o/15A-rugbyseisoen was ‘n ongelooflike ervaring vir spelers en afrigters. Wat ‘n voorreg is dit om deel te kon wees van ‘n groep manne wat so gedrewe en afrigbaar is. Die seisoen het op ‘n goeie noot afgeskop met die 0/15-rugbytoernooi by Paarl Boys High waar die seuns WP XV en Paarl Boys XV op hul tuisveld kon klop.
Die jaar het ook sy opdraendes gehad, maar moeilike tye is ook nodig om ‘n span te laat saamtrek. Die span kon die jaar afsluit met ‘n wen, tydens interskole, teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn. Die span het ‘n algehele wen-persentasie van 76.47% tydens die 2019 seisoen behaal.
Sewe van die span se spelers is in die AJ Sportweek-span, wat gedurende September in Ierland gaan toer, ingesluit.
Punt-rugby bedank al die afrigters en borge wat die seuns en skool so getrou ondersteun en die pad saam met die Punt-familie stap.