Die O/14A “Sardyne” van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het ‘n baie suksesvolle seisoen beleef met slegs 2 nederlae uit die 10 ligawedstryde wat hulle gespeel het. Die seuns het werklik aanskoulike rugby gespeel. Die hoogtepunt van die jaar was toe hulle met interskole teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn met 22-15 gewen het.
Die Sardyne teken tydens die 2019-seisioen 207 punte aan en staan slegs 139 punte af. Hulle was ook bevoorreg om vanjaar ‘n A en B span op die veld te kon stuur.
Wel gedaan, manne!