Op die foto verskyn Me. Amelia Thiart van CANSA met die hare wat geskenk is.
‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Punt het onlangs 30cm van haar hare laat afsny om dit te skenk aan CANSA. Die leerder wou aanvanklik haar hare laat groei vir haar matriekafskeid van volgende jaar en dit dan laat sny, maar het van plan verander en dit nou reeds gedoen. Haar oupa is onlangs skielik gediagnoseer met kanker en is kort daarna oorlede. Dit het haar aangegryp en sy het besluit om nou reeds haar hare af te sny en aan CANSA te skenk.
‘n Graad 12-leerder het ook haar hare laat afsny om dit te skenk aan CANSA. Dié leerder sê dat heelwat van haar familielede, onder andere haar niggie, is al gediagnoseer met kanker of daaraan oorlede, en sy wou graag ‘n bydrae lewer om kankerlyers te help. Beide van die leerders wou anoniem bly.