Laerskool Outeniqua in George is baie trots op die puik prestasies van hul atlete wat tydens die Sirkel A-byeenkoms fantasties presteer het.
(Foto bo links:) Rowan Mafutu met ‘n blitsige tyd van 11.69s in die 100m en 18.35s in die 150m vir seuns 0/12. Albei hierdie tye is nuwe rekords.
(Foto bo regs:) Truspé Schoeman behaal ‘n eerste plek in die 800m vir seuns 0/13 met ‘n goeie tyd van 2min 27.5s.Foto 3: Anika Pretorius, 0/11, hardloop die 80m en behaal ‘n 2de plek met 11.81s en ‘n 1ste plek in die 70m hekkies met ‘n tyd van 13.65s.Foto 4: Migail Barnard behaal ‘n 1ste plek vir seuns 0/13 in die 80m hekkies, met ‘n goeie tyd van 12, 84s.