)

OAKDALE KRIEKETSPELER BEHAAL 100-TAL

Tydens die eerstekrieketspan van die Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal se wedstryd teen Glenwood House op Saterdag 19 Januarie, het Kaylim Cordier (gr. 11) 109 lopies van 99 balle aangeteken. Kaylim is slegs die vyfde Oakdaler wat ? honderdtal in hierdie liga in die geskiedenis van die skool aangeteken het. Hy bevind hom nou in die geselskap van oudskoliere Kingsley Hopkins, Paul Bosch, Luke Hertz en Frikkie Saayman.

Kaylim het bygedra tot sy span se oorwinning met 134 lopies teen die span van Glenwood op George. Oakdale het 268/4 in 50 beurte aangeteken waarna hul Glenwood vir 134 lopies uitgeboul het.

Afgesien van Kaylim se vertoning met die kolf het hy ook ? boulontleding van 3 vir 23 in 10 beurte. Hy het ook drie vangkanse benut. Voorwaar ? skitterende krieketprestasie wat hy altyd sal onthou.

Oakdale se o.15 A-span het ook met Glenwood House afgereken en met ? oorwinning van 95 lopies van die veld gestap. Die beste kolwers op die dag was Morné Scheepers met 40 lopies en Albert Steyn met 43 lopies. Terblanche du Plessis se drie paaltjies vir ses lopies was die uitsondering onder die boulers.

Foto bo: Oakdale se o.19A-span.
Agter: v.l.n.r.: Christie van Greunen, Sybrand van Dyk, Kaylim Cordier, Jessie Adams, Ashwin Botha, Riaan van Zyl, Kevin de Kock (k.), mnre. J Budricks en A Bester (afrigters).
Voor: v.l.n.r.: Hanno Joubert, Nico Pieterse, Taine Till en Ruhan Els.

Oakdale se o.15A-span. Agter: v.l.n.r.: Mnr. Pine Marais (afrigter), Dylan Morkel, Stephen Meyer, Morné Scheepers, Duan Roberts, Gino de Wit, Reinhardt Russouw en Terblanche du Plessis. Middel: v.l.n.r.: Arend Blom, Francois Labuschagne, Pienie Pienaar, Albert Steyn en Zandré Conradie. Voor: v.l.n.r.: Pieter Marais.
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal