[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
Op Vrydag, 12 Oktober, het 12 jaar se skool tot ‘n einde gekom! Groot was die vreugde toe die matrieks van Hoërskool Punt in Mosselbaai,se laaste klok lui. Die leerders het met die bekende “Siembamba”, hand aan hand, die saal ingestap om vir ‘n laaste keer hul plekke in te neem as leerders van Hoërskool Punt. Dit was ‘n emosionele byeenkoms met baie heimwee en ook lekker lag toe elke graad 12-klas ‘n video, wat hul saamgestel het, vertoon het. Baie vriendskappe is in hierdie 12 jaar gesmee. Daar was ook ‘n baie groot groep ouers en vriende wat die byeenkoms bygewoon het.
Nou is al wat oorbly die GROOT EKSAMEN!
Ons wens elkeen van ons grad 12-leerders baie sterkte toe met die komende eksamen!
Foto 1: Die Graad 12’s loop vir oulaas die saal binne as ‘n groep
Foto 2: Die graad 12’s loop vir oulaas by die voorhek uit terwyl die res van die skool ‘n erewag staan.
Voor vlnr: Juanic Alberts, Lize-Mari Prinsloo en Christie Smit
Foto 3 (bo): Druipnat klim hul uit die water na die sprong by die Poort
Vlnr: Zani Fourie, Marina Barnard, Bea Wilson, Caroli Byleveldt en Marizaan van der Mescht
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”18442,18443″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]