Die sjarmante Oakdale-bulletjie het twee-en-tagtig kleuters van Ienkel Dienkel by Oakdale ontvang vir hulle jaarlikse kuier op die plaas. Die rit in die skoolbus was reeds vir hulle ? hoogtepunt. By die melkstal en wolskuur het hulle ietsie meer van die boerdery geleer. Op hierdie dag gee die Oakdale Jerseys spesiaal pienk melk om die kleingoed te trakteer.
Ma se verrassingskospakkie het gesorg vir ? heerlike piekniek onder die akkerbome.
Op die foto bo:
Die Ienkel Dienkel-gaste het hul eerste spore op die plaas gelos.