)

Hoër Landbouskool Oakdale se Bulle maak nuus

Die tegnologie en die samelewing is voortdurend aan die verander en om tred te hou, word die eeue-oue mediabedryf elke dag vernuwe.

Die Plaaslik-redaksie voel dat dit belangrik is om inligting aan Oakdale-lesers op die mees effektiewe manier moontlik voor te stel. Met hierdie doel voor oë het die redaksie, vergesel deur drie personeellede, op 23 en 24 September ? toer na Naspers in die Moederstad onderneem.

Die redaksie het by die Weg, Huisgenoot en Die Burger en sy aanlynvleuel, Netwerk 24, gaan aanklop om meer te leer oor die skryf en uitleg van koerante en tydskrifte, digitaal sowel as aanlyn.

Die drukpers, Paarl Coldset, was ook vriendelik genoeg om hulle op ? begeleide toer deur die fabriek te neem. Die hoofdrukker is enig in sy soort en sou binne 77 sekondes 1380 kopieë van die Plaaslik kon druk.

Die redakteurs van onderskeidelik die Huisgenoot en Weg, Yvonne Beyers en Pierre Steyn, het hulle verby slaggate van die joernalistiekwêreld gelei.

John Grant Munro, Die Burger se uitleg-ghoeroe, was daar om die Bulle op die belangrikheid van uitleg te wys. Volgens hom kan verkope met tot 25 000 kopieë toeneem as jou voorblad sy sout werd is.

Dit was vir seker ? voorreg en verrykende ervaring om met hierdie reuse in Suid-Afrika se joernalistiekbedryf skouers te skuur. Die volgende uitgawe van Plaaslik verskyn aan die einde van die kwartaal – hou die skool se facebookblad dop.

(Foto bo: Oakdale Redaksie)

Agter: v.l.n.r.: Tiaan Viljoen, Gunther von Below, Johan Geyser en Pierre Steyn (redakteur by Weg).

Voor: v.l.n.r.: Pieter Marais, Toast Coetzer (medewerker by Weg!) en Kyle Grundlingh.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal