Die o/16A Seunshokkie span het hul seisoen afgesluit by die “Top Schools” toernooi te Paarl Gimnasium.
Hulle het teen van die beste o/16 spanne in die land gespeel. Die seuns het hulself goed van hul taak gekwyt en 8ste uit 12 spanne geeïndig.
Die Kwaggas is baie trots op hierdie groep seuns wat ‘n baie goeie seisoen agter die rug het.