Hoërskool Outeniqua se Vokale Ensemble presteer by die Tygerberg Eisteddfod.
Die vokale ensemble van Hoërskool Outeniqus in George, het uitstekend presteer tydens die Tygerberg Eisteddfod en het ‘n skitterende 94,6% behaal met hul optrede.
Hulle is gevolglik uitgenooi om op 7 September aan die finale rondte in Stellenbosch in die Endlersaal deel te neem.
Die Kwaggas wens hulle baie voorspoed toe!
Agter vlnr: Yzanne Potgieter; Eckardt Muller; Ben van Niekerk; Anke van der Schyff; Elizma Beyleveld; Marize Gouws; Lee Miller; Nadeane Maritz; Dominique Janse van Rensburg; Ian Grobler
Middel vlnr: Elisa Barnardo; Mondor Arries; Kerwin Albertus
Voor vlnr: Dian Swanepoel; Mia Moore; Tinus Botes; Karien Herbst; Franco Engelbrecht