Nikolas, Karli-Louise en John-Daniel van Laerskool Park in Mosselbaai, het Eden die afgelope naweek in Kaapstad verteenwoordig by die Wes-Kaap Gimnastiek-kampioenskappe. Hulle het pragtig presteer en aldrie is gekies vir die Wes-Kaap Gimnastiekspan wat 2-5 Oktober aan die 2018 SAGF Gimnastiek Spele in Pretoria gaan deelneem.
Uitslae as volg:
Karli-Louise Eurotramp Level 4 GOUD
Double Mini Level 4 4de plek plasing
Nikolas Eurotramp Level 4 SILWER
Double Mini Level 4 GOUD
John-Daniel Eurotramp Level 7 SILWER
Double Mini Level 7 BRONS
FOTO BO:
Vlnr: John-Daniel Minnie, Karli-Louise Weston en Nikolas Weston.