)

Hoërskool Langenhoven se seunshokkie geborg

Hoërskool Langenhoven van Riversdal bied soveel as moontlik geleenthede vir leerders en daarom was daar besluit om met seunshokkie in 2017 te begin. Alhoewel dit ‘n groot uitdaging was om ‘n nuwe sport te begin is die betrokkenheid van die seuns en hul ouers uitstekend. Die spanne vaar ook baie goed en hou die skool se naam hoog!

Mnr. Danie van Rensburg van Agrisell was bereid om beide spanne ten volle met hempies, broekies en sakke te borg. Die skool is baie dank aan Mnr. van Rensburg verskuldig. Die seuns is baie opgewonde en dankbaar vir hulle pragtige nuwe klere en kan nou hul eie unieke identiteit hê. Baie dankie ook aan mnr. Aryn Gschwend, wat bereid is om met die skool hande te vat, en ure op die hokkieveld te spandeer om die leerders te help met afrigting.

Op die foto verskyn Daniel van Rensburg (kaptein van die O/16’s), mnr. Hardy de Beer (afrigter), mnr. Danie van Rensburg (borg), mnr. Aryn Gschwend (afrigter) en Hoffie Prinsloo (kaptein van die O/19’s).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal