Op Vrydag, 11 Mei het die ongelooflike talentvolle sanger, Jo Black en sy orkes, Riversdal kom vermaak.
Die funksie was ‘n fondsinsameling van Hoërskool Langenhoven en daar kan sonder twyfel gesê word dat die vertoning een van Hoërskool Langenhoven se hoogtepunte in 2018 was. Daar was altesaam 322 mense wat saam met die vertoning ‘n heerlike 3-gang maaltyd geniet het en 160 mense het op die gallery gesit.
Danksy die borge en ongelooflike mense wat baie hard gewerk het was dit ‘n uiters suksesvolle funksie. ‘n Groot dank moet aan Anton en Adrie Swart gaan vir hulle betrokkenheid en hulp met die reëlings. Baie dankie aan Hessequa Abattoir wat die ankerborg vir die aand was en die volgende hoofborge: JC Slagtery, Riversdal Superspar, Sleeping Beauty Traders, Jireh Dairies, Oakhurst Gastehuis, Rusticana Gastehuis, Riversdal Toyota en Theo Sauerman. Dankie ook aan die volgende besighede en persone wat donasies gegee het: 3@1 Riversdal, Aduan van den Berg, André de Jager, Avianti Wine & Liquor, Baleia Wines, Bernard & Nicolene Noëth, Enya’s Coffee House, Favour Stud, Gas Elektrik, Gerdus van Tonder, Hannelie Faddel, HC Snyman, Hi-Q, Jaco van Zyl, JLE Rekenmeesters, Johannes & Geoffrey Joubert, Karen’s Place (Donny Juta), Kobus Marais, Ladismith Kaas, Laerskool Volschenk, Marleen Silva, Max Baise Bottelstoor, Medidal Apteek, Motors & Trekkers, Muiskraal, Neil van Tonder, Nestlé (Jean Higgs), Nibbling Squirrel, OK Foods Stilbaai, PC Streicher, Pinnacle Point Estate, Pro Beauty, Richard Marshall, Riversdal Apteek, Riversdal Landbougenootskap, Rola Ford, Ryno Stander, Sonja Small, Spitskop Steenwerke en Spur.
Jo Black het nie net ‘n vertoning kom gee nie, maar het met elkeen se hart kom praat, en almal kon huis toe gaan met iets meer as wat hulle gekom het.
Op die foto verskyn Martha en Hardy de Beer, (Onderwysers van Hoërskool Langenhoven), saam met Jo Black na afloop van die vertoning.
Become a Sponsor









