)

Paul Roos TennisSpan kry Silwer medaljes by Grey Tennis Toernooi

Die afgelope naweek het die 1ste tennisspan van Paul Roos Gimnasium aan hul vierde en laaste skole tennis-toernooi vir 2018 deelgeneem. Die span was op koers om die jaar onoorwonne in tennis-toernooie af te sluit, maar ongelukkig het hulle in ‘n hartverskeurende finaal in die laaste wedstryd verloor.

Die Paul Roosers het uitstekend deur die toernooi gespeel en tennis van die hoogste gehalte is gelewer, maar is ongelukkig deur ‘n begeesterde Hoërskool Waterkloof van Pretoria met 5 wedstryde teenoor 4 wedstryde in die finaal geklop.

Agt skole van reg oor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem en Paul Roos was verteenwoordig deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Luca Link en Stephen Claasen.

Paul Roos het 1ste in hul groep geëindig nadat hulle in die rondomtalie fase met St. Stithians, Kearsney College en Hoërskool Waterkloof afgereken het. In die semi-finaal het Paul Roos vir Paarl Boishaai met 5 – 1 geklop. In die ander semi-finaal het Waterkloof met die gasheer, Grey College, afgereken.

In die finaal het Paul Roos en Waterkloof dus weer kragte gemeet. Die Paul Roosers was na die enkels met 4 – 2 voor en het slegs een van die dubbel- spel wedstryde nodig gehad om die titel te wen. Ongelukkig het die manne elkeen van die dubbelspel wedstryde naelskraap verloor met 6 – 8, 6 – 8 en 7 – 8. In die proses het Waterkloof dus die titel met 5 – 4 gewen.

Baie lesse is geleer in die wedstryd en Paul Roos sal net sterker na vore kom in die toekoms.

Die uitslae van Paul Roos was as volg:

Paul Roos wen St. Stithians: 7 – 2
Paul Roos wen Kearsney College: 8 – 1
Paul Roos wen Hoërskool Waterkloof: 8 – 1
Semi-finaal: Paul Roos wen Paarl Boishaai: 5 – 1
Finaal: Paul Roos verloor teen Waterkloof: 4 – 5

Die finale uitslae na die toernooi was as volg:

1. Hoërskool Waterkloof
2. Paul Roos Gimnasium
3. Grey College
4. HJS (Paarl Boishaai)
5. St.Stithians
6. Affies
7. Pretoria Boys High
8. Kearsney College

Tydens die prysuitdeling het die span die silwer medajes gekry. Die volgende spelers is as die beste in hul posisie aangewys:

Ruben Fortuin – beste nr 2
Carl Roothman – beste nr 3
Andre du Plessis – beste nr 4
Luca Link – beste nr 6

Foto bo: vlnr agter: Hugo Kotze, Wikus Robbertse, Luca Link, Ruben Fortuin en Jacobus Swanepoel (Afrigter)

Vlnr voor: Carl Roothman, Stephen Claasen en Andre du Plessis

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal