)

Hoër Jongenskool Paarl Tennis

Die eerste tennisspan van Hoër Jongenskool Paarl, het 12 en 13 Oktober aan die Boland Landbou-tennisfees deelgeneem. Die span van agt seuns het vyf o/15-spelers ingesluit. Twaalf skole, van so ver as Johannesburg, het deelgeneem.

In die eerste groepwedstryd speel hulle teen ’n baie sterk span van Midstream College en behaal ’n uitstekende oorwinning. In die tweede wedstryd speel hulle teen Hoërskool Stellenbosch en klop hulle gemaklik.

Na dié twee oorwinnings kwalifiseer hulle vir die halfeindrondte waar hulle gemaklik met Durbanville afreken. In die finaal val hulle ongelukkig vas teen Paul Roos.

Baie geluk aan al die seuns met ’n uitstekende toernooi.

Foto bo: agter vlnr: Herman Snyman, Wynand Hattingh en Anrich Wessels

Voor vlnr: Benjamin Davidyan, Luan Krige, William Zulch en Lieben Engelbrecht

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal