Beate van Niekerk van Laerskool Hugenote in Wellington, het die naweek van 18 tot 20 Mei aan die “South African Line Dance Masters Championship” in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal deelgeneem. Sy het in haar afdeling van “Newcomer” in ouderdom “Junior-Female” skoonskip gemaak en 1ste plek geneem.
Hulle moes 3 danse doen, nl: Cha Cha, ‘n Walts, asook ‘n Westcoast Swing. Beate dring deur na die groot “ World Dance Master Championship “ wat op die naweek van 10 tot 13 Augustus in Blackpool UK (Engeland) plaasvind.