)

Schools That Rock gesels met Rohan Smith, Hoofseun van Hoërskool Brackenfell

Schools That Rock vra ‘n paar vrae aan Rohan Smith, Hoofseun van Hoërskool Brackenfell.

Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?

Die Covid19 virus het ‘n vernietigende effek op ons land. Nie net op die mense nie maar ook op die ekonomie. Armoede vererger en dit stook die bose kringloop van misdaad weer.

Vraag: Dink jy dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?

Die onderwys is bietjie in ‘n knyp om so gou moontlik die skole te heropen om die akademiese jaar te red, maar daar is ‘n groot kans dat die virus in ‘n skool kan uitbreek. Ek glo dat die onderwys baie meer gaan staatmaak op tegnologie en dat meer en meer klasse aanlyn gehou gaan word. As ‘n matriekulant besef ek die belangrikheid van onderwys en hoe broodnodig dit is vir ons toekoms. Ek glo my mede-leerders deel die gevoel en is ook trots op ons onderwysers wat aangepas het deur aanlyn klasse te gee. Dit was verseker iets om gewoond aan te raak, maar so kan ons die akamiese jaar red.

Vraag: Hoe/wat beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?

Elke dag staan ek op en behandel die dag soos ‘n normale skooldag. Ek begin dalk bietjie later, maar ek begin met die vakke wat die meeste aandag kort en werk deur die lys van huiswerk. Deur om in roetine te bly verseker ek dat ek steeds aandag gee in my werk en is ek verseker ek sal steeds my doelwitte bereik.

Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan?

Ek wil graag studeer om ‘n siviele ingenieur te word. Ek glo dat die beroep my die kans sal gee om n verskil te maak in ons samelewing. En al is dit nie ‘n maklike beroep nie, glo ek dat, as jy geniet wat jy doen, sal jy nie ‘n dag in jou lewe hoef te werk nie.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal