)

Hoërskool Strand leerders besoek België

Voor vlnr: Eben Botes, Nina Esterhuyse, Anése Groenewald, Carla de Jongh, Clint Williams en Zoë Gillespie
Middel vlnr: Lynette Wolff (onderwyseres), Anne Swart, Marlé Hubinger, Kaitlin Fineburg en Juliana Kotzé (onderwyseres)
Agter vlnr: Aneldi Morkel, Christopher Smit en Rikus Heyns

Dit is vanjaar reeds die negentiende jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied aan twaalf graad 10 leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en om vriendskappe oor kontinente te bou. Die twee leerkragte wat hul sal vergesel is me. Lynette Wolff en me. Juliana Kotzé.

Die groep vertrek 12 September en keer weer terug na Suid-Afrika op 4 Oktober.

Die groep gaan hul toer afskop met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek die groep na België waar die Belge hul met ‘n ongelooflike program inwag. Die groep gaan Antwerpen, Brussels, Brugge, Ghent, Ieper en nog baie ander toeristebesienswaardighede in België besoek. Hulle is ook gelukkig om Parys, Frankryk, te besoek waar hulle die stad en Euro-Disney gaan beleef.

Die groep gaan ook die skool besoek en ‘n stukkie van Suid-Afrika met hul deel. Wat die program so uniek maak, is dat die leerders in die Belge se huise tuisgaan en daar leef, eet en ervaar wat Belge as alledaags sien.

Die Arende sien uit na ‘n opwindende reis!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal