)

Laerskool Stulting Interhuis gala

Foto’s van links na regs: Christiaan du Plessis is nou wel net ‘n Gr. RR maatjie, maar hy is soos ‘n vissie in die water! Loulouvé Bredell saam met haar kleinboet, Alcapone Bredell.  Juffrou Landi en een van die swemmers wat die rekords laat spat het, Issataya Bredell.

(Foto’s verskaf)

Laerskool Stulting van Humansdorp se interhuis gala het op 25 Februarie plaasgevind. Talle nuwe swemmers het hul kleurspan te hulp gesnel.  Daar was hierdie jaar ‘n nuwe beginner-resies wat jong swemmers motiveer om deel te neem.  Daar was ook ‘n lekker lawwe aflos waarin die leerders teen hul ouers en die onderwysers geswem het.  Sommige leerders het natuurlik ook van die rekords laat spat!

Die volgende leerders het die beste in hul ouderdomsgroepe presteer:

Dogters:

8 jaar:  Taylor Ridgard

9 jaar:  Jodie Humby

10 jaar:  Clarissa Venter

11 jaar:  Issataya Bredell

12 jaar:  Sone Jacobs

Seuns:

8 jaar:  Thinus le Keller

9 jaar:  Hannes vd Merwe

11 jaar:  Merwe vd Merwe

12 jaar:  Freddy Kotze

Daar was ook ‘n beker vir die swemmer met die meeste uithouvermoë. Dit is aan een van die jongste swemmers, Alcapone Bredell, toegeken.  Baie geluk, Alcapone!

Dit was ‘n heelike dag by die swembad!  Dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat bygedra het tot die dag se groot sukses.

Die swemmers is gereed vir die water!
(Foto links) Jualize Strydom, Jezé Strydom en Lucia Alers. (Foto regs)  Daniël Dreyer, Merwe vd Merwe en Janu Janse van Rensburg (regs)  op die podium.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal