Foto’s van links na regs: Christiaan du Plessis is nou wel net ‘n Gr. RR maatjie, maar hy is soos ‘n vissie in die water! Loulouvé Bredell saam met haar kleinboet, Alcapone Bredell. Juffrou Landi en een van die swemmers wat die rekords laat spat het, Issataya Bredell.
(Foto’s verskaf)
Laerskool Stulting van Humansdorp se interhuis gala het op 25 Februarie plaasgevind. Talle nuwe swemmers het hul kleurspan te hulp gesnel. Daar was hierdie jaar ‘n nuwe beginner-resies wat jong swemmers motiveer om deel te neem. Daar was ook ‘n lekker lawwe aflos waarin die leerders teen hul ouers en die onderwysers geswem het. Sommige leerders het natuurlik ook van die rekords laat spat!
Die volgende leerders het die beste in hul ouderdomsgroepe presteer:
Dogters:
8 jaar: Â Taylor Ridgard
9 jaar: Â Jodie Humby
10 jaar: Â Clarissa Venter
11 jaar: Â Issataya Bredell
12 jaar: Â Sone Jacobs
Seuns:
8 jaar: Â Thinus le Keller
9 jaar: Â Hannes vd Merwe
11 jaar: Â Merwe vd Merwe
12 jaar: Â Freddy Kotze
Daar was ook ‘n beker vir die swemmer met die meeste uithouvermoë. Dit is aan een van die jongste swemmers, Alcapone Bredell, toegeken. Baie geluk, Alcapone!
Dit was ‘n heelike dag by die swembad! Dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat bygedra het tot die dag se groot sukses.
Â
Â