)

Arend-toutrekmeisies wys “Arendtud”’!

Arend-toutrekmeisies wys “Arendtud”’! 520kg Bronsmedaljewenners

Hoërskool Strand se toutrekspanne het die afgelope Saterdag deeglik rekenskap gegee van hulself by die Breërivierkompetisie net anderkant Worcester. 206 Spanne het aan die kompetisie deelgeneem en die gehalte van toutrek was uit die boonste rakke!

Twee van Hoërskool Strand se meisiespanne het uitstekend gevaar. Die 520kg meisies het ‘n welverdiende brons medalje losgetrek en die 440kg meisies het ‘n medalje net-net gemis toe hul in ‘n taai groep ‘n baie goeie vierde plek behaal het. Boonop was elke ander span hoogs kompeterend en het hulle die resultate gepluk van hul harde fiksheidsessies in die voorseisoen. Veral die nuwelinge het nou werklik geleer waarom toutrek so ‘n harde sport is. Die seer hande, bene en rûe gaan met trots die komende paar dae die bewys wees van hul harde werk.

Baie geluk aan Tara Kruger, wat aan haar 40ste toutrekkompetisie vir Hoërskool Strand deelgeneem het – ‘n voorbeeld vir menige jong leerder.

Hierdie was die laaste voor-seisoen kompetisie van die jaar, maar die toutrek-atlete oefen regdeur die kwartaal tot diep in Desember om hul fiksheidsvlakke te behou met die opbou na die WP/ Wynland en SA Kampioenskappe in Februarie en Maart 2020.

Verslag en foto’s deur Riaan Nower

 

Arend-toutrekmeisies wys “Arendtud”’! 440kg Meisies

s

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal