Die krieketspan vertrek die 28ste September na die KFC Punt krieketfees waar daar ongeveer 24 spanne gaan deelneem. Dit is Hoërskool Strand se 8ste jaar van deelname. Die span speel die 29ste September teen HS Oudtshoorn, 30ste September teen HS Brandwag, die 1ste Oktober teen Framesby en die 2de Oktober teen HS Swartland. Die spelers sal die 2de Oktober na die Strand terugkeer wat beteken dat hul laaste wedstryd ‘n verkorte wedstryd gaan wees. Die span bestaan uit ‘n klomp nuwe bloed, asook ‘n paar ou hande.
Foto:
Agter- Andries Louw (Spanbestuurder), Henco Stofberg (Onder-kaptein), Estiaan Marais, Marinus Roux, Liam Martin (Kaptein), Shane Craythorne, Christiaan Theron (Afrigter)
Middel – Campbell Stuart, Guillaume Jansen, Jarred verwey, Chris Jurgens.
Voor – Armandt le Roux, Kian Venter, Ethan Beckett, Reinhardt le Roux