[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
Hoërskool Strand se atletiekveld was Saterdag 15 September omtrent ‘n miernes van bedrywighede – ongeveer 480 atlete van 14 skole in die omgewing het aan hierdie pretbyeenkoms deelgeneem.
Daar was slegs 5 items – maar dit het geleentheid gebied vir atlete wat aan 100m, 200m, 300m, 400m, 600m en 1600m wou hardloop. Die massa-aflos aan die einde – waar 7 spanne elk met 32 atlete tegelyk op die baan was, was beslis ‘n hoogtepunt.
Vir die hamergooiers en hoogspringers was daar ook geleentheid om aan ‘n voorseisoen-byeenkoms deel te neem en hul eie vermoë te meet.
Die volgende skole het toekennings vir verskillende afdelings gekry:
- Drostdy se meisies as wenners van die mylaflos.
- Hoër Jongenskool was die seunswenspan in die myl.
- Die gekomineerde span van Hoër Meisieskool en Hoër Jongenskool was die wenners van die massa-aflos.
- Die meisies van La Rochelle was die meisieswenspan van die dag.
- Hoër Jongenskool die wenseunspan van die dag.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image _builder_version=”3.12.2″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/09/Hoërskool-Strand-hou-Aflosbyeenkoms-4.jpg” show_in_lightbox=”on” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image _builder_version=”3.12.2″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/09/Hoërskool-Strand-hou-Aflosbyeenkoms-3.jpg” show_in_lightbox=”on” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image _builder_version=”3.12.2″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/09/Hoërskool-Strand-hou-Aflosbyeenkoms-2.jpg” show_in_lightbox=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]