Hierdie atlete is baie opgewonde oor die medaljes wat hulle by Somerset-Wes Primêr se jaarlikse mini-byeenkoms verower het. Agter verskyn Edward Russouw (brons vir 1000m S.19), Gershon September (brons 80m S.19) en Alexander Smit (goud vir 600m S.14). Voor is Caitlin Isaacs (goud vir 80m D.17) en Naseefah Petersen (brons 80m D.17). Caitlin het ook die prestasie behaal om ‘n rekord, wat jare lank gestaan het, verbeter het.