[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.89″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” gallery_ids=”15035,15036,15037,15038″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ /][et_pb_text _builder_version=”3.0.89″ background_layout=”light”]
“A night at the Oscars” het vir groot pret en baie opwinding gesorg. Die beoordelaars het voorwaar ‘n moeilike taak gehad om nege wenners uit 34 finaliste aan te wys. Die aand is geopen deur temadrag van die seniors wat enige fliek of karakter uit ‘n fliek voorgestel het. Die seniors en juniors het afsonderlik die gehoor met danspassies in sportdrag vermaak. Aantreklike jongmanne is na Hollywood ingevoer om metgeselle vir die junior meisies in dagdrag te wees. Aanddrag en skemerkelkrokkies is met keur gekies en pragtige meisies en aantreklike seuns het die finale rondte behoorlik die gehoor op die punt van hulle stoele gehad.
Baie geluk aan die volgende senior wenners:
Mnr. en Mej. Hoërskool Strand : Paul Verdoes en Zané Cronjé
Tweede plekke is toegeken aan Pieter Welgemoed en Nikita Hammers
Derde plekke is toegeken aan Gunter Mohr en |Anja Linde
Mnr. en Mej. Persoonlikheid : Helgardt de Vries en Tania Niemann
Mnr. en Mej. Fotogenies : Zanten Nolan en Chanté van Pletzen
Baie geluk aan die volgende junior wenners:
Eerste plek : Ané Braasch
Tweede plek : Taylin Bosman
Derde plek : Karla Pienaar
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]