[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Roeselare 2017/2018
Op die 24ste September het die Roeselare-groep per vliegtuig na Londen via Dubai vertrek waar hul tot en met 29 September vertoef het om ān bietjie span te bou. Die leerders het onder andere toeristebesienswaardighede soos Madame Tussaud, die Londen Eye, die Sky Garden en Camden Town besoek om maar net ān paar te noem.
Van Londen af het hul per trein onder deur die Engelse kanaal na Lille in Frankryk vertrek waar die Belgiese vriende die groep met groot opwinding in gewag het om per motor na die stad Roeselare geneem te word.
Die leerders van HS Strand het tydens hul besoek daar bekende stede soos Gent, Ieper, Poperinge, Brugge en Brussels besoek. Die groep was vanjaar ook bevoorreg gewees om vir ān naweek weg die suidelike deel van BelgiĆ« te besoek; beter bekend as die Ardennes (Franssprekende streek van BelgiĆ«). Tydens hul besoek aan die Ardennes het hul ān Tweede WĆŖreldoorlog Museum besoek, pret gehad op Segways en kayak geroei. Die Ardennes is seker een van die mooiste plekke op aarde wat die groep al besoek het. Hier het hul saam met hul nuwe vriende lekker saam gekuier, gelag en stories gedeel.
Tydens die besoek het die leerders ook vir ān naweek in Parys deurbring en besienswaardighede soos die Eiffeltoring, die Louvre en Notre Damme gesien. Verder het die groep ook bevoorreg gewees om Euro Disney te besoek en ān hele dag van pret en plesier in die park deur te bring. Die aand in die park is deur ān laservertoning af gesluit wat hul bekoor het en asems laat wegslaan het.
ān Definitiewe hoogtepunt was toe die leerders die stad Ieper besoek het en deur die duisende grafte van die Eerste WĆŖreldoorlog kon stap. Die Roeselare-groep het ook tydens die ālast postā seremonie ān kranslegging bygewoon waartydens Kristin Meyer, Samuel Gibson en ZoĆ« van der Merwe die HS Strand verteenwoordig het om die krans te lĆŖ. Die seremonie het weereens hoendervleis gegee omdat die blaas van die beuel eer betoon aan die soldate wat tydens die oorlog gesneuwel het en wie se lyke nooit gevind is nie.
Die besoek aan Roeselare is op die laaste aand afgesluit met ān ete en dans waartydens almal afskeid geneem het van hul nuwe vriende en lekker saam geĆ«et, gelag, gesels en gedans het.
Sondag 15 Oktober het die leerders per trein na Brussels vertrek en daar is groot trane gesluk en swaar afskeid geneem van hul nuwe vriende. Gelukkig sien die twee groepe mekaar darem weer op 7 Februarie tot 24 Februarie 2018 wanneer dit HS Strand se beurt is om die Belgiese vriende te onthaal.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Zoe-by-Nelson-Mandela-in-Madame-Tussauds-1-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Kristin-in-Madame-Tussauds1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]