)

HS Strand se Roeselare

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]

Roeselare 2017/2018

Op die 24ste September het die Roeselare-groep per vliegtuig na Londen via Dubai vertrek waar hul tot en met 29 September vertoef het om ‘n bietjie span te bou. Die leerders het onder andere toeristebesienswaardighede soos Madame Tussaud, die Londen Eye, die Sky Garden en Camden Town besoek om maar net ‘n paar te noem.

Van Londen af het hul per trein onder deur die Engelse kanaal na Lille in Frankryk vertrek waar die Belgiese vriende die groep met groot opwinding in gewag het om per motor na die stad Roeselare geneem te word.

Die leerders van HS Strand het tydens hul besoek daar bekende stede soos Gent, Ieper, Poperinge, Brugge en Brussels besoek. Die groep was vanjaar ook bevoorreg gewees om vir ‘n naweek weg die suidelike deel van België te besoek; beter bekend as die Ardennes (Franssprekende streek van België). Tydens hul besoek aan die Ardennes het hul ‘n Tweede Wêreldoorlog Museum besoek, pret gehad op Segways en kayak geroei. Die Ardennes is seker een van die mooiste plekke op aarde wat die groep al besoek het. Hier het hul saam met hul nuwe vriende lekker saam gekuier, gelag en stories gedeel.

Tydens die besoek het die leerders ook vir ‘n naweek in Parys deurbring en besienswaardighede soos die Eiffeltoring, die Louvre en Notre Damme gesien. Verder het die groep ook bevoorreg gewees om Euro Disney te besoek en ‘n hele dag van pret en plesier in die park deur te bring. Die aand in die park is deur ‘n laservertoning af gesluit wat hul bekoor het en asems laat wegslaan het.

‘n Definitiewe hoogtepunt was toe die leerders die stad Ieper besoek het en deur die duisende grafte van die Eerste Wêreldoorlog kon stap. Die Roeselare-groep het ook tydens die “last post” seremonie ‘n kranslegging bygewoon waartydens Kristin Meyer, Samuel Gibson en Zoë van der Merwe die HS Strand verteenwoordig het om die krans te lê. Die seremonie het weereens hoendervleis gegee omdat die blaas van die beuel eer betoon aan die soldate wat tydens die oorlog gesneuwel het en wie se lyke nooit gevind is nie.

Die besoek aan Roeselare is op die laaste aand afgesluit met ‘n ete en dans waartydens almal afskeid geneem het van hul nuwe vriende en lekker saam geëet, gelag, gesels en gedans het.

Sondag 15 Oktober het die leerders per trein na Brussels vertrek en daar is groot trane gesluk en swaar afskeid geneem van hul nuwe vriende. Gelukkig sien die twee groepe mekaar darem weer op 7 Februarie tot 24 Februarie 2018 wanneer dit HS Strand se beurt is om die Belgiese vriende te onthaal.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Zoe-by-Nelson-Mandela-in-Madame-Tussauds-1-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Kristin-in-Madame-Tussauds1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal