Suid-Afrikaanse Swemspan. André Strydom, ’n graad 8-leerder van Hoërskool Framesby, is met groot trots gekies vir die Suid-Afrikaanse swemspan in sy ouderdomsgroep. Hy sal van 6 tot 7 Junie 2026 deelneem aan die Africa Aquatics & Zone IV Opewaterswemkampioenskap by Mont Choisy Beach, Mauritius.
Hierdie is ’n uitstaande prestasie wat André se toewyding, harde werk en talent beklemtoon. Die Framesby-familie is uiters trots op hom en wens hom alle sukses en voorspoed toe vir hierdie internasionale uitdaging!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








