Lions Cheerleaders – Hoërskool Fichardtpark se Lions Cheerleaders het onlangs weer bewys dat hulle ware kampioene is! Met styl, energie en ongelooflike spanwerk het hulle die kompetisie oorheers en die trofeë huis toe gebring.
Pom Doubles:
- Melissa Nel en Miané Greyling het hul talent ten toon gestel en ’n welverdiende 1ste plek behaal.
Group Stunts-span:
Fichardtpark se kragtige span bestaan uit:
- Melissa Nel,
- Miané Greyling,
- Amy Wepener,
- Abby-gail Smith en
- Chris-Marie Wessels
Hulle het ook ‘n 1ste plek verower met hul indrukwekkende stunts en perfekte uitvoering.

Die Lions Cheerleaders het nie net die gehoor bekoor nie, maar ook die beoordelaars se harte gewen. Julle harde werk, toewyding en passie maak ons ongelooflik trots.
Baie geluk, Lions – julle laat Fichardtpark se naam hoog skyn!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








