Ultimate Summer Championship – Hoërskool Jim Fouché is trots op een van hul eie sterre. Carla Smit het uitstaande prestasies in haar dans behaal. Sy het deelgeneem die Ultimate Summer Championship wat op 11 April 2026 in Bloemfontein plaasgevind het.
Carla het haar talent en toewyding ten toon gestel deur vier eerste plekke te verower in die volgende afdelings:
- 16/17 Premier Championship Freestyle Solo
- 16/17 Premier Championship Slowdans
- 17/20 WTC Disco Solo
- 17/20 WTC Disco Slowdans
Hierdie ongelooflike prestasie is ’n bewys van Carla se harde werk, dissipline en passie vir dans. Sy dien as ’n inspirasie vir haar medeleerlinge en die hele JF-gemeenskap.
Die hele skoolgemeenskap is uiters trots op Carla en sien uit na nog vele hoogtepunte in haar dansloopbaan. Baie geluk, Carla!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








