Foto: van links, agter: Petrie van der Merwe, Lian Gouws, Hendrik Hofmeyr, Joa Victor, Nathan van der Merwe, Johnry Grimes, Marco van Zyl. Middel: Wiehan Claasen, Luke Liebenberg, Washe Louw, Wiehan Reyneke, Mi-Jeanne Botha, Hubert Baard, Dillon Derche. Voor: Riaan Swart (hulpafrigter), Wynand Roelofse (kaptein), Mnr Francois Visagie (SWD Skolekrieket Voorsitter). Afwesig: Danie Fouché (hoofafrigter)
SWD o.15 Superliga-wenners. Hoërskool Outeniqua vier krieketglorie!
Hoërskool Outeniqua in George is uiters trots op hul o.15A krieketspan wat onlangs gekroon is as die SWD o.15 Superliga-wenners van die 2025/2026-seisoen.
Onder die bekwame leiding van kaptein, Wynand Roelofse, en met die toegewyde ondersteuning van hoofafrigter Danie Fouché en hulpafrigter Riaan Swart, het die span hul talent en vasberadenheid ten toon gestel.
Elke speler en afrigter het ’n sleutelrol gespeel in hierdie merkwaardige prestasie. Julle het nie net die trofee gewen nie – julle het die Kwagga-familie met trots vervul.
Baie geluk, Kwaggas!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor







